WAT IS DIE KORONAVIRUS OF COVID-19?
Koronavirusse is ‘n groot familie van viruses wat siektes kan veroorsaak wat kan lei tot infeksie wat jou longe en asemhaling affekteer. . Dit sluit die gewone verkoue in, griep en ernstige vorme van longontsteking. Die mees onlangse koronavirus wat ontdek is, veroorsaak die koronavirus siekte COVID-19 en dit was onbekend voor die uitbraak daarvan in Wuhan, , China, in Desember 2019.
SIMPTOME (tekens van infeksie)
Die simptome (die tekens wat toon dat 'n persoon met die virus besmet is.)
- Kom baie ooreen met dié van gewone verkoue of griep.
- Dit kan tekens soos koors insluit, ‘n moeë gevoel,, hoes, lyfseer, geblokte neus (ook 'n toe neus genoem), loopneus, seer keel of diarree (‘n loopmaag).
- As jy, jou kind of enige familielid, een van hierdie tekens toon, verkry mediese hulp. .
Ons voorkomingsbeleid by Three Rivers Learning Academy
Three Rivers Learning Academy maak voorsiening om verspreiding van die virus te voorkom:
Die volgende stappe word daagliks gevolg:
- Ouers parkeer hulle motors buite en vergesel die leerder/leerders tot by die ingangshek.
- Leerder/Leerders se temperatuur word geneem deur ‘n onderwyser in die oggende en hulle hande word gesaniteer.
- Skandering vind plaas in die oggende , en in die middae assook wanneer die naskool kinders arriveer vir kontrole doeleindes.
- Covid - vorms word ingevul op ‘n daaglikse basis, om te verseker dat leerders wat simptome toon mediese hulp bekom na hulle , ouers gekontak is..
- Maskers is verpligtend op die perseel.
- Leerders hou ‘n volgehoue distansie van 1 meter op die speelgrond.
- In die klasse is die tafels en stoele gespasiëer sodat leerders ‘n distansie van 1 meter behou , om die kinders veilig te hou.
- Tafels en stoele word deur die dag gesaniteer.
- Klasse word aan die einde van die dag gesaniteer.
- Leerders was deurlopend hulle hande deur die dag vir 20 sekondes.
WANNEER JY Siek voel
BLY BY DIE HUIS WANNEER JY SIEK IS, As jy siek is of siek voel stel die sentrum in kennis dat jy by die huis gaan bly. Op die manier beskerm jy jouself,, jou mede maats , en ander mense. Onthou om onmiddelik mediese hulp te soek as jy siek is.
